Plaas jou buitenshuise potte op “pote” van klippies of halwe bakstene. Dit sorg vir beter dreinering en sit miere af wat dalk in jou pot wil nesmaak. ’n Verdere voordeel is dat wortels wat deur die gate onder in die pot groei sal verdor en afbreek.
Kategorie Argiewe:Tuinwenke
Laat die water vloei
Wanneer jy in ’n pot of ander houer plant moet jy altyd ’n geronde materiaal, byvoorbeeld ’n klip, met die hol kant na onder oor die gat plaas. Gooi ’n paar sentimeter skoon riviersand oor die materiaal en daarna vul jy dit op met potgrond. Dit sorg dat die water vrylik dreineer sonder om die …
Suurgehalte
Verhoog die suurinhoud van die grond deur 250 ml witasyn by elke 4 liter water te gooi wanneer jy natlei. Rhododendrons en gardenias hou veral van baie suur in die grond. Die suur stel die yster vry wat in die grond is.
