1862
Die bekende argitek Herbert Baker gebore in Kent, Engeland. Herbert was onverbiddelik in sy aandrang op goeie vakmanskap. Hy was verantwoordelik vir meer as 200 geboue in Suid-Afrika. Dit sluit in die Uniegebou, Pretoria-stasie, die Parlementsgebou en die St. George-katedraal. Met sy terugkeer na Brittanje was hy verantwoordelik vir Suid-Afrika-huis in Londen en die Rhodes-huis in Oxford.
1934
Donald Duck maak sy eerste verskyning in The Little Wise Hen.
Volkskas (later Absa) word as ’n koöperatiewe volksbank geregistreer, met ’n aanvangskapitaal van R1200.
