Alan Rickman, Professor Snape van Harry Potter-faam, is oorlede.
Ouer fliekgangers sal hom ook onthou as Hans Gruber van Die Hard of die sheriff van Robin Hood: Prince of Thieves. Vir laasgenoemde rol het hy ’n Bafta-toekenning ontvang.
Rickman is oorlede aan kanker. Hy was 69 jaar oud.
