‘n Nuwe animasiereeks wat op die gewilde speletjie Angry Birds gebaseer is word dié naweek in verskeie dele van die wêreld bekendgestel.
Die maatskappy Rovio, wat Angry Birds geskep het, sê die animasiereeks sal fokus op avonture van die verskillende karakters in die speletjie.
Die maatskappy het reeds verlede aangekondig dat David Maisel, wat betrokke was by rolprente soos Iron Man en Captain America, as uitvoerende vervaardiger sal optree vir ‘n 3D-rolprent-weergawe van die speletjie wat vir 2016 beplan word.
Dit is nog nie bekend of Angry Birds Toons op Suid-Afrikaanse kanale gewys sal word nie, maar wie gee om, Angry Birds Toons kan aanlyn afgelaai word: Angry Birds Toons
