Right of passage. Vandag se kinders ken dit nie. Daarom bied Kamp Koershou die geleentheid vir seuns en dogters om mamma se handjie te los, die iPod touch saam met die selfoon te begrawe en in ‘n bos te oorleef.
Hier moet 10 tieners leer vuurmaak; wippe en strikke stel; versigtig wees vir die natuur. Maar die natuur om ons is nie die groot vyand nie. Dis die natuur in ons waarteen almal om oorlewing veg …
401 Rozendal, op die Polkadraaipad tussen Stellenbosch en Kuilsrivier, bied die ideale ligging vir hierdie sensoriese teater. Jy ruik die vuur, jy voel die vrees vir die donker en iewers raak jy onseker of die uile oor die luidsprekers of uit die bome kom.
Stian Bam lewer ‘n vreesaanjaende, dog roerende vertolking van Bossies, die bevelvoerder. Hy speel teenoor 10 talentvolle studente-akteurs in ‘n stuk wat weereens wys waarom Marthinus Basson ‘n meester van die teater is.
Moenie hierdie belewenis mis nie. Bos speel tot Saterdag, 16 Maart by 401 Rozendal. Die vertoning begin om 20:00 en kaartjies kos R90 vir volwassenes en R60 vir studente. Daar is ook ‘n Bos-pakket beskikbaar wat ‘n ligte ete en wyn insluit – skakel 021 808 2019 vir meer inligting of blokbesprekings.
‘n Pendeldiens vertrek om 18:00 en 19:30 vanaf die HB Thomteater.
Met: Stian Bam
Regie en ontwerp: Marthinus Basson
Teks: Malan Steyn
Vervaardiger: TEATERteater