Cape Mongo is die wedervaringe van ses verskillende karakters in die stad Kaapstad.
Kunstenaar Francois Knoetze het elke karakter geskep uit die stad se afval materiaal – mitiese figure wat gebore is uit die rommelhope van ons verbruikerskultuur. Die opvoerings in die kostuums is oor ’n periode van twee jaar in Kaapstad op film vasgelê.
In ses kort films besoek die karakters hul plekke van herkoms, nie net die oorsprong van die materiaal nie, maar ook sosiale verhoudinge wat hulle help vorm het. Die films fokus ook op kwessies soos behuising, voedselsekuriteit en ongelykheid.
In Cape Mongo verdwyn jou afval nie vir ewig op ’n Vrydag in ’n trok nie … dit kom huis toe.
Met: Kaelo Molefe
Regisseur, kunstenaar & skrywer: Francois Knoetze
Kamerawerk: Anton Scholtz & Catherine Trollope
Klankontwerp: BOON & Daniel Gray
(foto Catherine Trollope)
Genre: Kuns
Taal: English
Ouderdomsbeperking: Geen persone o/13 jaar
Tydsduur: 45 minute
Plek: Commemoration Church Hall, Grahamstad
Datum: 2 – 11 Julie
Cape Mongo,
Roekeloos,
3 Julie 2015.