Crossbones

Crossbones,
Roekeloos,
29 November.

As die mediaverklaring eers begin met “… secured multiple sales to broadcasters around the world for the compelling limited drama series …”, dan moet jy weet daar is ’n slang in die gras.

Dis hoe hulle M-Net se aankope van Crossbones probeer regverdig. Die vertaling behoort te lees: “… niemand wil dit hê nie, nou smeer ons dit vir goedkoop af aan almal wat wil byt …”
Ongelukkig is Crossbones, ten spyte van John Malkovich se teenwoordigheid, ’n hengse flop.

Malkovich speel Swartbaard die seerower. Onder die mense op sy eiland is daar ’n man wat veronderstel is om hom te vermoor.

NBC het dit vroeër vanjaar uitgesaai en het dit uiteindelik gekanselleer. In ’n stadium het hulle dit selfs oorweeg om nie die twee laaste episodes te wys nie. Dit was uiters swak.

Jy is gewaarsku.

Met: John Malkovich & Julian Sands
Reeks: 1, 9 episodes

Genre: Avontuur
Taal: English
Ouderdomsbeperking: Geen
Jaar: 2014
Tydsduur: 60 minute

1.5

Lewer kommentaar

Leave a Reply