Woorde met water

Op 4 Desember kan jy vir ‘n aand wegkom van hierdie besige maand met al sy reëlings, lysies en partytjies. Sit. Luister. Word verkwik wanneer woorde soos water deur jou wese spoel.


Water, die noodsaaklikste element vir lewe op aarde. Water, wat slukkie vir slukkie jou dors les. Water as oplosmiddel. Water wat reinig.

Met water as tema doen AmDram gedigte en stories van Marlene van Niekerk regdeur C. Louis Leipoldt tot by Nataniël. Wihan Stemmet stof van Koos Doep, Gian Groen en Laurika se wysies af. Laurinda Hofmeyr kom sing vir ons ‘n paar van die mooiste gedigte wat sy skitterend getoonset het. Johan Bakkes kom lees vir ons van sy stories waar jy amper die reën kan ruik, amper die see kan hoor dreun.

Water. Vir ‘n lang, warm Desember-maand.

Met: Anél Skye, Ayden Kryger, Jacques Albertyn, Jaomi Zeeman, Kurtis Green, Liesel Rahn, Marcelle Ayres, Michelle Faber, Johan Bakkes, Laurinda Hofmeyr en Wihan Stemmet

Ou Meulteater, Paarl
4 Desember 2014
20h00
R60 pp
Bespreek by 083 564 00 56 / vicky@oumeulteater.co.za

Woorde met water

Lewer kommentaar

Leave a Reply