Die internasionale produksie Cock & Bull Story is nuwe lewe gegee in Suid-Afrika en aangepas vir plaaslike omstandighede.
Dis die storie van Trav, ’n jong bokser wat enigiets sal doen vir roem en rykdom. Hy word bygestaan deur sy afrigter, geen engel homself nie, maar ’n man wat wonder oor wanneer mens te vêr gaan.
Die stuk werp die lig op manlike vriendskappe, homoseksualiteit, persepsies van manlikheid, die geveg vir oorlewing en die manlike ego.
Met: Rowan Studti en Dylan Skews
Regisseur: Michael Kirch
Teks: Richard Zajdlic and Richard Crowe
Geen persone jonger as 16 jaar.
2 – 4 Desember 2014, 21h00
Alexander Upstairs Theatre, Kaapstad
021 300 1652