The Pervert Laura

Louis Viljoen se nuwe toneelstuk, ‘n donker drama getiteld The Pervert Laura, het ’n eerste speelvak by die Little Theatre, Kaapstad, in Desember.


The Pervert Laura is ’n week in die lewe van die 30-jaar oue Laura. Sy is in gesprek met haar terapeut, probeer ‘n buite-egtelike verhouding aanknoop en argumenteer met haar familie. So leer ons Laura ken as ‘n vrou op die pad na selfvernietiging. Geheime word onbloot, beskuldigings gemaak en verhoudings verpletter.

The Pervert Laura is ‘n ongemaklike reis na ’n vrou se donker verlede, ’n verlede meer duister en monsteragtig as wat selfs sy kon dink.

’n Stuk wat jou aan die nek gaan beetkry en rondskud.

WAARSKUWING: The Pervert Laura bevat eksplisiete taal, naaktheid en tonele van ‘n seksuele aard. Geen onder 18’s.

Met: Emily Child, Terry Norton, Nicholas Pauling, Guy De Lancey en nuweling Sarah Potter
Regisseur: Louis Viljoen
Teks: Louis Viljoen

The Pervert Laura
The Pervert Laura
Little Theatre, Kaapstad
4-20 Desember 2014, saans 08:00
Kaartjies kos R100 per persoon via Webtickets of by die deur (slegs kontant).
Vooraf bespreking word aanbeveel.

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply