Wolfgang Petersen se klassieke rolprent, Das Boot (1981), word vanjaar by die Universiteit van die Vrystaat Fliekfees tydens die Volksblad Kunstefees vertoon.
Vertel vanuit die oogpunt van `n besoekende joernalis aan boord, word die oorlog op see, en die gepaardgaande spanning waaraan `n klein bemanning wat in `n kloustrofobiese ruimte saamleef, dramaties uitgebeeld.
Noukeurige getrouheid aan historiese detail en die gebruik van ‘n spesiale kamera om die kyker deel
te laat voel van die lewe kenmerk die rolprent. Regisseur Wolfgang Petersen se doel was onder
meer om die psigiese impak van die oorlog, wat hier binne die enkele vierkante meters van die duikbootruim speel, daar te stel. Daarom lui die Duitse lokspreuk vir die rolprent dan ook Eine Reise ans Ende des Verstandes (‘n Reis
tot aan die einde van die verstand).
15 Julie 12:00 • C.R. Swart-ouditorium • 149 minute • FPB Ouderdomsbeperking:
A • Duits (met Engelse onderskrifte) • R25 (pensioentrekkers en
kinders, R22)
Regie: Wolfgang Petersen.
Met: Jürgen Prochnow, Herbert Grönemeyer en Klaus Wennemann
Volksblad Kunstefees 2009
4 / 5
2 Julie 2009
(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
