Die Klein Libertas teater in Stellenbosch bied ‘n energieke interaktiewe kindertoneelstuk aan onder leiding van die bekende Waldemar Schultz (Jan-Hendrik van 7de Laan).
Vir diegene wat nie net die vertoning wil bywoon nie, is daar ‘n werkswinkelsessie direk na die vertoning. Vir R40 kan kinders die vertoning bywoon en vir ‘n uur na die vertoning onder toesig by ons kuier om self te leer hoe om iets uit niets te maak! Kontak Stephanie by 082 356 9795 vir besprekings en meer besonderhede oor die werkswinkel.
Die Iets uit niets verhaal vertel hoe Nikki se probleme met Gritsel, wat aanhoudend rommel in die straat strooi, haar telkens in die moeilikheid laat beland by haar tannie, Frau Reinenshön! Die iets-uit-niets-feetjie kom uiteindelik tot almal se redding en herstel die vrede in die buurt!
