Basil / Basiliekruid


Basiliekruid is eenjarig. Dit beteken jy sal gereeld nuwe saad moet saai om altyd ‘n goeie voorraad vir die kombuis te hê. Saai dit enige tyd van Oktober tot in die laat somer.

Indien jou basil in die somer mooi staan sal jy net ‘n ogie moet hou. Dit verlep gou en jy sal moet natspuit wanneer die blaartjies begin hang.

Knyp die middelste stingel af sodat jou basil ‘n mooi bos maak. Die plant hou ook langer indien jy gereeld blare pluk.

(foto Paul Goyette)

Sluit aan by die Gesprek

2 Kommentare

  1. Kyk vir 'n gif met die bestandeel "Bacillus Thuringiensis". Dit behoort die wurms te dood. Ek wonder ook of mens nie tabakstof kan probeer nie. Verwyder alle wurms van jou plante. Werk tabakstof liggies by die boonste laag van jou grond in, nadat jy natgespuit het. Jy kan ook daarvan om die stam van elke plant strooi. Dit is net 'n idee, maar jy kan gerus laat weet of dit gewerk het. Ek het so 'n idee dat indien dit snywurms is die tabakstof kan werk. Tabakstof is nog een van daai dinge wat baie goedkoop is.

  2. Kan iemand my help met my Basil en Kruisement die simpelste groen wurms eet dit op kan ek hul altwee met ietsie spuit wat kan help ipv twee veerskillende gif.

Lewer kommentaar

Leave a Reply