Dit gebeur soms dat jou werk verwag dat jy dinge doen wat dalk ongemaklik kan wees. In Kate Winslet se geval moes sy ‘n pruik dra, maar die een sit nie op dieselfde plek as Riaan Cruywagen s’n nie.
Soos heelwat moderne jong vrouens het Kate Winslet baie min hare op die plek waar vrouens in Europa met ‘n lekker groot boskasie gespog het ten tyde van die Tweede Wêreldoorlog.
Kate het haar hare laat groei, maar sy laat haar al vir jare waks en dit het te stadig gegroei. Die oplossing was om vir haar ‘n pruik te laat maak. Daardie bossie wat jy dus in The Reader sien is nie haar eie nie, dis aangeplak.
ps. Riaan Cruywagen is gebore in 1945, toe die Tweede Wêreldoorlog tot ‘n einde gekom het.