Zuma: Afrika-leiers mag nie vervolg word nie

Die Sunday Times berig dat president Jacob Zuma ‘n voorstel gemaak het dat Afrika-leiers vrywaring van vervolging ontvang. Volgens die koerant sou die president gesê het dat die wêreld verander het en dat daar nie so ‘n klem op straf geplaas moet word nie.

Die president se voorstel sou beteken dat Joseph Kony, leier van Lord’s Resistance Army in Uganada, vrywaring vir al sy dade sou kon ontvang. Die Internasionale Kriminele Hof wil Kony onder andere vervolg vir seksuele slawerny van vrouens en jong meisies, verkragting, moord en die gebruik van kinders as soldate.

‘n Ander Afrika-leier wat ook deur die hof gesoek word is Soedan se president Omar al-Bashir vir moord en oorlogsmisdade.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar