#domdeluise – Die Amerikaanse akteur Dom DeLuise is in sy slaap oorlede na ‘n lang kankerstryd. Hy het internasionaal bekend geword na hy verskeie kere saam met Burt Reynolds in rolprente verskyn het. Hy was ook gereeld te sien in rolprente van regisseur Mel Brooks.
Dom DeLuise was ook versot op kook en het verskeie kookboeke geskryf.
Dom DeLuise se lang lys films sluit in: Fail-Safe (1964), The Glass Bottom Boat (1966), Silent Movie (1976), The Muppet Movie (1979), Hot Stuff (1979), Fatso (1980), History of the World, Part I (1981), The Cannonball Run (1981), The Best Little Whorehouse in Texas (1982), Johnny Dangerously (1984), An American Tail (1986), Spaceballs (1987), All Dogs Go to Heaven (1989), Loose Cannons (1990), Robin Hood: Men in Tights (1993) en Red Line (1996).
Dom DeLuise was 75 jaar oud.
