Elf

Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za

Met: Will Ferrell, James Caan, Bob Newhart & Mary Steenburgen
Regisseur: Jon Favreau

Lawwe, oppervlakkige vermaak is altyd welkom in die vakansie. Elf is laf, het ´n goddelose sin vir humor en is glad nie so oppervlakkig nie.

Will Ferrel word per ongeluk grootgemaak as ´n elf. Elf is die storie van die “lang” elf en sy kennismaking met sy biologiese pa.

Die storielyn gaan geen pryse wen nie, maar die manier waarop dit vertel word sal in jou hart kruip.

Aan die tegniese kant was dit ´n verligting om na ´n film te kyk wat jou nie toegooi met spesiale effekte in die naam van vermaak nie.

My gunsteling deel van die film is die elf se romanse met die meisie wat nie weet die man wat dink hy is ´n elf is eintlik ook ´n perverse rakker nie.

Goeie vermaak vir die hele gesin…. en elwe.

6/10

Lewer kommentaar

Leave a Reply