Kop

Stuur jou grappe na bydraes by roekeloos.co.za

Hoekom het Kop van die swaai afgeval?
Want hy het nie arms nie.

Kop kom by Dokter Koos.
“Dokter, dokter! Ek kan nie my bene voel nie?”
“Natuurlik nie Kop! Jy het dan nie arms nie!”

Kop en sy vriende gaan kroeg toe om te kuier. Daar aangekom sit hulle vir Kop op die toonbank neer en maak ‘n paar happe. Hulle besluit toe om toilet toe te gaan en sê vir Kop hy moet stil sit en nie moeilikheid maak nie. Kop stem in.
Toe hulle terugkom sien hulle Kop lyk sleg, twee blou oë, skeur in die lip en hare woes omgekrap. Hulle vra toe vir Kop wat hebeur het, hulle het mos vir hom gesê hy moet hom gedra. Kop sê hy het niks gedoen nie dit was daai twee ouens daar anderkant hulle het baklei en toe skree ‘n ander dronk ou: “Slaan hom met die kop! Slaan hom met die kop!”

Lewer kommentaar

Leave a Reply