Elizabeth Taylor, die einde van ’n era

Die aktrise Elizabeth Taylor het in die ouderdom van 79 gesterf weens hartversaking.

Sy is as een van die beste aktrises van Hollywood se goue era geag – die tydperk tussen 1910 en 1960. Twee keer in haar loopbaan het sy ’n Oscar vir beste aktrise ontvang, vir haar rolle in Butterfield 8 (1960) en Who’s Afraid of Virgina Woolf? (1966) Die Amerikaanse Film Instituut beskou haar as een van die 10 vroulike legendes van alle tye.

Sy het reeds haar eerste rol vertolk op die ouderdom van nege jaar, There’s One Born Every Minute (1942). Met Lassie Come Home (1943) het mense al begin kennis neem van die 10-jarige en op 12 -jarige ouderdom word sy ’n internasionale ster met die uitreiking van National Velvet (1944).

Taylor was ag keer getroud, twee keer met die akteur Richard Burton. Sy word oorleef deur 4 kinders, 10 kleinkinders en 4 agterkleinkinders.

Nog hoogtepunte uit Elizabeth Taylor se filmloopbaan:
Jane Eyre (1944), The White Cliffs of Dover (1944), Little Women (1949), Father of the Bride (1950), Ivanhoe (1952), Beau Brummell (1954), Giant (1956), Cat on a Hot Tin Roof (1958), Cleopatra (1963), The Taming of the Shrew (1967), Doctor Faustus (1967) en The Mirror Crack’d (1980).

Elizabeth Taylor

Lewer kommentaar

Leave a Reply