Fahrenheit 9/11

Regisseur: Michael Moore

Die dokumentêre rolprent Fahrenheit 9/11 is van dieselfde stofasie as Michael Moore se vorige Bowling for Columbine. Moore peper ons met beelde en woorde so tipies van die bestaande pop-kultuur. Hy maak seker die huidige generasie gee aandag aan wat hy te sê het. Dit verklaar ook waarom Moore self stinkryk is.

In Fahrenheit 9/11 poog Moore om die leuens van die George W. Bush-administrasie aan die kaak te stel, veral die wankelrige redes wat aangevoer is vir die inval in Irak.

Verseker is die film eensydig, maar dit is dalk net wat ons nodig het vir hierdie tipe exposé. Net iemand wat George W. Bush met ´n passie haat kon genoeg waagmoed hê om noukeurig te gaan kyk na die bande tussen die Bush- en Bin Laden-families, George W. Bush en Dick Cheney se oliebelange oorsee en wat sommige mense sal doen vir ´n paar rand (jammer dollar).

Indien jy enigsins belangstel in wat in die wêreld om jou gebeur behoort jy hierdie film te sien.

7/10

Lewer kommentaar

Leave a Reply