Garfield

“Kan dalk net snaaks en miskien interessant wees.” was my eerste gedagte, maar hoe verkeerd kan een persoon wees.

Die fliek is veels te sleg om net binnensmonds daaroor te brom. As ek OOIT weer in my lewe aan sulke gemors blootgestel word gaan ek iemand te lyf gaan.

Dit is so ongelooflike swak, mens moet dit gaan kyk om enige benul te hê waaroor ek my oë wil uitkrap.

Die feit dat Jennifer Love-Hewitt daarin speel sal dalk ´n paar testosteroon-tiere tydelik verlos van impotensie, maar sy is hier net nog een van ´n talentlose rolverdeling.

Uitsendings van die Taiwanese parlement is meer opwindend.

0 / 10

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply