Hidalgo

Met: Viggo Mortensen & Omar Sharif
Regisseur: Joe Johnston

Hidalgo laat jou onwillekeurig terugdink aan die tipe film waarin jy destyds Omar Sharif sou verwag. Daarom is jy nie verbaas as hy later op die skerm verskyn nie.

Die oorvloed van Lord of the Rings veroorsaak dat jy ´n tydjie neem voordat jy aan Vigo Mortensen gewoond raak in die nuwe rol. Hy lewer ´n skaflike vertoning, maar niks uitstaande nie.

Die rolprent is gebaseer op die ware verhaal van Frank T. Hopkins en sy perd en hul deelname aan ´n resies deur die woestyn. Hidalgo is die perd, en held van die storie, se naam.

Die fliek is in een sin gemiddeld en raak effens saai as die held die meisie moet red, maar die retro-styl sonder te veel spesiale effekte was welkom.

Veral die ouer fliekganger gaan hierdie een geniet.

7/10

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply