Goedkoop opposisie vir DSTV amper hier

Oor minder as drie maande behoort Suid-Afrikaners toegang te kry tot ‘n nuwe betaaltelevisie-operateur – vir slegs R99.

On Digital Media (ODM) begin in Mei uitsaai en die goedkoopste pakket is slegs R99; die duurste R249.

Jy sal jou bestaande DStv-skottel kan gebruik vir ODM, dit sal net gedraai moet word. Jy sal ook ‘n ander dekodeerder moet aanskaf, wat sowat R400 sal kos.

ODM het kontrakte met TV-groepe soos Fox Entertainment en MGM en gaan ook plaaslike inhoud vervaardig.

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply