Ken jy die speletjie Six Degrees of Kevin Bacon? Dit is ‘n variasie van die six degrees of separation-teorie. Volgens die teorie is elke persoon op aarde net ses kennisse verwyder van enige ander persoon.
Met die speletjie probeer ‘n mens die kortste pad vind tussen enige Hollywood-akteur en Kevin Bacon.
Google het nou ‘n algoritme geskep wat enige bekende akteur se bacon number bepaal. Jy tik gewoon die akteur se naam gevolg deur die woorde bacon number.
Kevin Bacon se bacon number is natuurlik 0. Meeste akteurs se bacon number is 2 of 3. Dit is nogal ‘n uitdaging om ‘n akteur te vind met ‘n bacon number van 7 of meer.
Voorbeel van Angelina Jolie se bacon number: