Gratis flieks aanlyn

(Vir gratis Afrikaanse flieks volg die skakel)

Dit wat jy op die oomblik op Tubi TV kan sien tel meesal onder die swakste films en TV-programme wat beskikbaar is, uitgesonder ’n paar kultus en ou flieks. Dit verander egter in Desember.

Tubi TV het ooreenkomste gesluit met MGM en Lionsgate. Dit beteken dat jy vanaf Desember flieks kan kyk soos Rain Man, Basic Instinct, Terminator en No Way Out. Dit is heeltemal gratis, jy moet net nou en dan na ’n advertensie kyk. HD-weergawes van die flieks is beskikbaar en daar is ook Apps vir IOS en Android beskikbaar.

Wat egter die meeste beïndruk is Tubi TV se videostroom wat so seepglad aflaai dat dit YouTube laat sleg lyk.


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply