Hollywood se Girl with the Dragon Tattoo

Is dit nou nodig? The Girl with the Dragon Tattoo gaan ’n Hollywood weergawe kry, sommer nog vanjaar.

Rooney Mara gaan die rol van Lisbeth Salander vertolk. Mara was al hier en daar te sien in ’n ondersteunende rol, maar niks wat jou laat dink het sy kan ’n rol soos hierdie aanpak nie.

Daniel Craig gaan Mikael Blomkvist wees. Ander bekendes is Robin Wright, wat die rol van Erika Berger, gaan vertolk Christopher Plummer is Henrik Vanger en Joely Richardson is Anita Vanger.

Mens dink onwillekeurig dat Hollywood die fliek gaan opmors, maar gelukkig is die regisseur die bekwame David Fincher. Fincher se beste films was The Social Network (2010), The Curious Case of Benjamin Button (2008), Fight Club (1999), Seven (1995) en Alien 3 (1992).

Die vrystellingsdatum vir die film is Desember 2011.

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

Rooney Mara as Lisbeth Salander
Rooney Mara as Lisbeth Salander

Lewer kommentaar

Leave a Reply