Dis opmerklik hoeveel van die Suid-Afrikaanse publikasies, wat die afgelope twee weke verslag gelewer het oor Ingrid Jonker: Her Lives and Times – The Director’s Cut wat in Londen vertoon is, heelwat verwys het na Ingrid se vele minnaars, maar nagelaat het om te vertel van die rolprent se verwysing na Ingrid se minaresse, waaronder ´n bekende Afrikaanse romanskrywer.
