Die Amerikaanse regisseur John Hughes het aan ‘n hartaanval beswyk tydens sy daaglikse oggendstappie. Hy was 59.
Hughes was bekend vir sy gewilde tienerflieks in die 80’s en 90’s. Hughes het die tienermark verstaan en meeste van sy films was kommersieël baie suksesvol.
Sy laaste film is in 1991 uitgereik en kort daarna het hy van die openbare verhoog geklim en selde onderhoude toegestaan.
John Hughes se indrukwekkende lys films is:
Sixteen Candles (1984)
The Breakfast Club (1985)
Weird Science (1985)
Ferris Bueller’s Day Off (1986)
Planes, Trains & Automobiles (1987)
She’s Having a Baby (1988)
Uncle Buck (1989)
Curly Sue (1991)
