Dié gig-teaterstuk skop af met ’n vertoning deur Van Coke Kartel, waarna Francois van Coke in ’n beerpak die storie van sy en Hunter Kennedy se verlore liefdes en lewe as sondebokke vertel deur songs wat hulle self geskryf het op Peach se elektro-beats. Die storie word afgewissel met Anneke Weidemann wat dans en voordra uit Willem Anker se verwerkte apokriewe teks op maat van Braam du Toit se komposisies. Die show eindig met Yesterday’s Pupil.
Aardklop 2009
Venue: Weet-en-Sweet, Puk-kampus
Tydsduur: 90 min
Taal: Afrikaans
Regie: Jaco Bouwer
Deur: Hunter Kennedy en Willem Anker
Prys: R65
