Lauren Bacall 1924 – 2014

Hollywood legende Lauren Bacall is gister oorlede in die ouderdom van 89 jaar.

Bacall was bekend vir haar verleidelike houding en ’n kenmerkende diep stem – sy het gerook tot haar dood. Roem het gevolg na haar eerste rol in To Have and Have Not (1944) waarin sy die volgende bekende woorde kwytgeraak het: “You know how to whistle, don’t you, Steve? You just put your lips together and … blow”. Dit is op die stel van hierdie film waar sy haar toekomstige man, Humphrey Bogart, ontmoet het. Hulle is die volgende jaar getroud, sy was 20 jaar oud en hy 45. Die huwelik het gehou tot sy dood aan kanker in 1957.

Daar was meer as 40 films op Lauren Bacall se kerfstok, onder andere: How to Marry a Millionaire (1953), Designing Woman (1957), Sex and the Single Girl (1964), Murder on the Orient Express (1974), Prêt-à-Porter: Ready to Wear (1994), The Mirror Has Two Faces (1996) en Dogville (2003).

Eers in 1997 kon sy ’n Oscar wen, hoewel sy op daardie stadium reeds verskeie Tony-toekennings agter haar naam gehad het.

Op 12 Augustus 2014 het sy ’n beroerte gehad in haar woonstel in New York.

Lewer kommentaar

Leave a Reply