Marisa Berenson was ’n bekende Amerikaanse model in die 70’s. Yves Saint Laurent het op ’n stadium na haar verwys as die gesig van die 70’s. Vandag is sy beter bekend as ’n baie bekwame aktrise.
Brokkie nuttelose inligting: Sy is verwant aan die Italiaanse sterrekundige Giovanni Schiaparelli wat geglo het hy het kanale op Mars ontdek.

Die foto het in Anne Fogarty verskyn, iewers in die 1960’s. Dit is geneem deur Richard Avedon.
