Die Amerikaanse akteur Michael Clarke Duncan is in die ouderdom van 54 oorlede weens hartprobleme.
Duncan was voorheen benoem vir ‘n Oscar vir sy rol in The Green Mile (1999). Ander films waarin hy te sien was sluit in Armageddon (1998), Planet of the Apes (2001), The Scorpion King (2002), Sin City (2005) en The Island (2005).
