Jy weet jy het iets van blywende waarde geskep as jou film opgeneem word in die Amerikaanse Kongres se biblioteek.
Om dit tot in die biblioteek te maak moet ’n film ten minste 10 jaar oud en van kulturele, historiese of estetiese belang wees.
Aanhangers van The Princess Bride (1987) is natuurlik nie verbaas dat dit die lys gehaal het nie. Ander bekende films op die jongste lys is: East of Eden (1955), The Birds (1963), Point Blank (1967), Funny Girl (1968), The Decline of Western Civilization (1981), The Breakfast Club (1985), Who Framed Roger Rabbit (1988), Thelma & Louise (1991), The Lion King (1994) en Rushmore (1998).
