Nymphomaniac Volume I & II

Nymphomaniac Volume I & Nymphomaniac Volume II,
Roekeloos,
17 September.

Lars von Trier wil soms voorkom soos ’n opperste windsak, maar die man mag maar films maak.

Daar is baie gemaak van die ‘pornografie’ wat hy die keer sou opdis in dié twee opeenvolgende films, maar helaas is dit kuns vermom as pornografie.

Daar is seks ja, en Von Trier probeer sy beste om te skok met karakters se uitlatings. Ongelukkig sien ons deur sy narsisme en kan te midde van alles sy kuns waardeer. Nymphomaniac Volume I & II verskil van sy ander werk deurdat daar visueel meer diversiteit in sy benadering is. Dis ook ryklik geskakeer met skok en humor, terwyl hy jou deurentyd probeer uitdaag.

Nymphomaniac Volume I het ’n ligter trant, terwyl Nymphomaniac Volume II donker raak. Charlotte Gainsbourg vind haar natuurlik tuis in die uitdagende hoofrol en daar is ook goeie spel deur Stellan Skarsgård, die jong Stacy Martin en Uma Thurman.

Met: Charlotte Gainsbourg, Stellan Skarsgård, Stacy Martin, Shia LaBeouf, Christian Slater, Uma Thurman, Connie Nielsen, Jamie Bell & Willem Dafoe
Regisseur: Lars von Trier
Teks: Lars von Trier

Genre: Drama
Taal: English
Ouderdomsbeperking: Geen o/18 jaar
Jaar: 2013
Tydsduur: 1 uur 57 minute & 2 uur 3 minute

4

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar