Jannie het soggens kaalvoet skool toe gestap. Skoene is nou maar eenmaal nie vir hom nie.
Sy ouma het kom kuier en vertel hom toe sy moes ook kaalvoet skool toe stap, hulle kon nie skoene bekostig nie. Om hulle voete lekker taai te maak het hulle dit in soutwater gedoop, dan het die grondpad nie so seergemaak nie.
“Wragtig” Sê Jannie en verdwyn soos ’n speld. Sy ouma kry hom waar hy ’n kom soutwater regkry, maar in plaas van daarin staan, gaan sit Jannie daarin.
“En nou?” Wil sy ouma weet.
“My pa moet vanaand my wiskundetoets teken.”
♦♦♦
(Stuur jou grappe na bydraes [by] roekeloos.co.za)
