Prince of Persia: Sands of Time

Prince of Persia: Sands of Time 

Roekeloos

Nóg ‘n speletjie word ‘n fliek.
Druk dadelik L1 om die towersand te strooi!

Jake Gyllenhaal klouter oor mure soos ‘n wafferse Spiderman prins. Ons gaan ongelukkig meer as towersand nodig hê om die fliek na enige hoogtes te neem.

Jake Gyllenhaal is so half en half aanvaarbaar as die prins, maar steeds te veel van ’n seuntjie en te min van ’n man. Gooi die ou staatmaker Ben Kingsley in die pot en tussen alles loop daar mense wat lyk asof hulle in hul pajamas is. Ek het niks snaaks gerook nie, so dit was seker die regisseur.

Miskien is dit nie dié fliek se skuld nie, miskien is sommige van ons net keelvol vir té veel flieks oor speletjies. Die Prince of Persia: Sands of Time het sy oomblikke, maar jy gaan nie lang gesprekke met jou vriende daaroor hê nie. Wag maar vir die DVD en gun jou ’n kans om gemaklik te slaap as dit jou verveel.

Druk die x-knoppie en sit iets beter op.

Regisseur: Mike Newell

Prince of Persia: Sands of Time
Prince of Persia: Sands of Time

Met: Jake Gyllenhaal, Ben Kingsley, Gemma Arterton & Alfred Molina(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

3 / 5

Lewer kommentaar

Leave a Reply