Vir 40 jaar lank het die akteur James Doohan die rol vertolk van Scotty in die TV-reeks en filmweergawes van Star Trek. Nou dryf hy rond in die buitenste ruim.
Doohan is in 2005 oorlede en sy testament het versoek dat sy as die ruimte ingestuur moet word. SpaceX se Elon Musk het bevestig dat ‘n gedeelte van Doohan se as aanboord die Dragon is wat Dinsdag suksesvol lanseer is.
