Hoogste toring maak deure oop

Die wêreld se hoogste toring, die Tokyo Skytree, het vandag vir die publiek oopgemaak in Tokio, Japan. Kaartjies is reeds tot middel Julie uitverkoop.

Die 634 m toring is sowat twee keer hoër as die Eiffeltoring. Konstruksiewerk aan die toring het 4 jaar geduur.

Die toring huisves Japan se ses voorste televisiekanale en radiostasies. Die onderkant van die toring huisves verskeie restaurante, winkels, ‘n akwarium en ‘n planetarium.

Tokyo Skytree
Tokyo Skytree

Lewer kommentaar

Leave a Reply