Die wêreld se hoogste toring, die Tokyo Skytree, het vandag vir die publiek oopgemaak in Tokio, Japan. Kaartjies is reeds tot middel Julie uitverkoop.
Die 634 m toring is sowat twee keer hoër as die Eiffeltoring. Konstruksiewerk aan die toring het 4 jaar geduur.
Die toring huisves Japan se ses voorste televisiekanale en radiostasies. Die onderkant van die toring huisves verskeie restaurante, winkels, ‘n akwarium en ‘n planetarium.

Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
