Sherlock Holmes

Arthur Conan Doyle draai in sy graf om as hy sien wat Guy Ritchie aangevang het met Sherlock Holmes.

Ritchie se jongste poging, sy beste tot op hede, slaag nog steeds nie om uit daardie groef waarin al sy films val te ontsnap nie. Die maatstaf waaraan enige Ritchie film tot op hede gemeet kan word is oppervlakkigheid.

Soos die res van Ritchie se films lyk Sherlock Holmes ook asof dit deur ‘n tienerseun gemaak is. Die fokus is aksie en die afgestompte dialoog word beperk tot kort sinnetjies.

Die kenmerkende verhouding tussen Holmes en sy regterhand Watson bestaan nie in hierdie fliek nie. Ritchie se ouens is hand op die blaas en daar is min sprake van wie’s baas en wie’s klaas.

Waar die teks voorsiening maak vir Holmes se intellek, word dit in so ‘n mate oordryf dat jy later begin glo die vent is heldersiende. Robert Downey Jr. doen wel sy bes om integriteit aan die karakter te verleen, maar dit is amper onmoontlik met Ritchie aan die stuur.

Dit storie sou moontlik kon lyk soos ‘n speurverhaal met Holmes, was dit nie dat dit om elke hoek en draai oordryf word nie.

Sherlock HolmesDie brouwerk sou beslis nie die goedkeuring wegdra van Arthur Conan Doyle nie.

Regisseur: Guy Ritchie
Met: Robert Downey Jr., Jude Law & Rachel McAdams

2 / 5

bydrae: JM

Sherlock Holmes voorprent

4 Januarie 2010

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply