The Boy in the Striped Pajamas

 

Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za

Met: Vera Farmiga & David Thewlis
Regisseur: Mark Herman

The Boy in the Striped Pajamas probeer om die gruwel van die Duitse konsentrasiekampe te vertolk uit die oogpunt van ‘n klein seuntjie.

Die seuntjie, Bruno, se pa is ‘n Nazi-offisier wat aangestel word as die hoof van ‘n konsentrasiekamp. Die gesin verhuis van Berlyn nie ‘n bleek vierkantige gebou op die platteland, sodat pa nader aan sy werk kan wees. Dit is dan ook hier waar Bruno vir die eerste keer die “boere” sien en wonder hoekom hulle dan almal bedags ook pajamas dra. Hy wonder ook hoe die “plaas” lyk wat hy uit sy slaapkamervenster kan sien en hoekom kom daar gedurig rook uit die skoorstene op die “plaas”.

Bruno se ma, wat self nie mooi weet wat gebeur nie het geen antwoorde vir haar seun nie. Pa weet egter. Volgens hom is daardie “boere” nie regtig mense nie.

The boy in the striped pajamas
The boy in the striped pajamas

Soos jy nou seker al kan raai, gebeur dit dat Bruno bevriend raak met ‘n seuntjie van die “plaas”. Hulle speel met mekaar aan weerskante van die elektriese heining.

The Boy in the Striped Pajamas is ‘n storie van hoop ten midde van verskriklike onmenslikheid. Die filmatografie is baie goed en so ook die stelontwerp. Die akteurs is bra gemiddeld, behalwe vir Vera Farmiga, wat ‘n uiters goeie vertolking van die ma lewer.

Hierdie is nie die beste film wat jy vanjaar gaan sien nie, maar ‘n goeie poging om ‘n ou onderwerp uit ‘n nuwe hoek te benader.

5 / 10

Lewer kommentaar

Leave a Reply