Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za
Met: Christain Bale, Heath Ledger, Maggie Gyllenhaal, Gary Oldman, Eric Roberts, Michael Caine, Aaron Eckhart en Morgan Freeman
Regisseur: Christopher Nolan
Regisseur Christopher Nolan sny die vrot plekke uit en verbeter waar hy met Batman begin het.
Batman Begins was reeds goed, maar The Dark Knight is selfs beter. Anders as in die eerste fliek tree Batman nie op asof dit daardie tyd van die maand is nie. Die vlermuis is ontspanne en het vrede gemaak met al die plekke waar sy leermondering hom knyp. Christian Bale is sekerlik die beste Batman ooit.
Die grootste vrot plek, Katie Holmes, is genadiglik uitgesny en vervang met Maggie Gyllenhaal.
(Oorlede) Heath Ledger se karakter, die Joker, is die baddie van die jaar. Daar is niks van onderliggende motiewe of “my hond het op my gepie toe ek klein was” nie. Hy is doodeenvoudig ‘n psigopaat wat die hele wêreld aan die brand wil steek. ‘n Nar met te veel dinamiet.
Ek sien nog ‘n beter Batman kom.
8½ / 10
bydrae: JM
Lewer kommentaar