The Day After Tomorrow

Al wat ´n koerantresensent is het ons vooraf ingelig oor hoe dramaties die wêreld eindig in The Day After Tomorrow. As jy my vra is die fliek g´n angswekkend nie, dis snaaks.

Die pole smelt, die oseaan raak soos ´n vrou in haar menopouse en die planeet aarde raak warm. Die gevolglike storms lei ´n tweede ystydperk binne.

Moet asseblief nie probeer sin maak uit The Day After Tomorrow nie, want dan is dit wat jy besef dis eintlik ´n komedie. Die film het bitter min geloofwaardigheid. Roland Emmerich het toegelaat dat die ouens met die rekenaars handuitruk en dit maak sy skepping belaglik.

Die stel is indrukwekkend. Dit is my enigste positiewe bydrae.

3/10

Met: Dennis Quaid
Regisseur: Roland Emmerich

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply