The Immigrant

The Immigrant,
Roekeloos,
16 November.

Marion Cotillard staan uit in die hoofrol, net jammer die film is effens wankelrig.

Cottilard is ’n immigrant in Amerika in die 20’s wat in prostitusie gedwing word. Die film raak ’n toutrekkery tussen twee mans oor haar lot.

Uit ’n tegniese oogpunt kan mens nie veel fout vind met The Immigrant nie, en dit laat dit aanvanklik sterk vertoon, maar in die tweede helfte soek jy meer vleis om die been – sonder enige sukses.

’n Verlepte melodrama met ’n uitstekende aktrise.

Met: Marion Cotillard, Joaquin Phoenix & Jeremy Renner
Regisseur: James Gray
Teks: James Gray & Ric Menello

Genre: Drama
Taal: English
Ouderdomsbeperking: Geen o/16 jaar
Jaar: 2013
Tydsduur: 2 uur

3

Lewer kommentaar

Leave a Reply