Roekeloos
26 Julie
’n Film wat gaan resoneer by baie vrouens.
Hoe lank kan jy van jouself prysgee, sonder om jouself te verloor? Hoeveel ander verhale is daar soos die een van Charles Dickens. Hy het floreer in die applous van die mense om hom, maar het gesukkel om ’n pa te wees. Die vrouens om hom moes in sy skadu bestaan.
Ralph Fiennes loer in die skadu’s. Wat gebeur by die kerslig. Hy het hom al self bewys as akteur en dit wil voorkom of die man ook nie kan faal as ’n regisseur nie. Die enigste kritiek is, hy probeer dalk te subtiel omgaan met sy onderwerp. Dit voel soms soos ’n stoomtrein wat nie kan spoed optel nie.
Met: Ralph Fiennes, Felicity Jones, Kristin Scott Thomas
Regisseur: Ralph Fiennes
Genre: Biografie, Drama, Romanse
Taal: English
Ouderdomsbeperking: Geen o/13 jaar
Jaar: 2013
Tydsduur: 111 minute
