The Railway Man

The Railway Man
Roekeloos
22 Julie

Innerlike konflik is ’n sentrale tema in The Railway Man.

Eric Lomax dra sy onaangename herinneringe van die Tweede Wêreldoorlog saam met hom. Sy vrou sien dit vreet aan hom, maar kan niks daaraan doen nie. Dan word hy ook ’n geleentheid gegun om die bron van sy oorspronklike foltering te konfronteer, wat ’n stryd word met vergifnis.

Regisseur Jonathan Teplitzky volg ’n standaard resep om hierdie ware verhaal te vertel, met goeie ondersteuning van Nicole Kidman en Stellan Skarsgård. Dit kom aanvanklik meer opwindend voor met Teplitzky wat ’n spesifieke emosie aan elk van drie herkenbare dele in die film koppel, maar die klimaks waarop jy wag kom nooit.

Ten spyte van ’n talentvolle groep akteurs is die eindproduk ongelukkig vervelig.

Met: Colin Firth, Hiroyuki Sanada, Nicole Kidman, Stellan Skarsgård
Regisseur: Jonathan Teplitzky

Genre: Biografie, Drama
Taal: English
Ouderdomsbeperking: Geen o/13 jaar
Jaar: 2013
Tydsduur: 116 minute

2.5

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar