The Terminal

Met: Tom Hanks & Catherine Zeta-Jones
Regisseur: Steven Spielberg

The Terminal is regtig nie so swak soos almal dit wil maak nie.

Dit is oorspronklik en het meer met Europese films in gemeen as Amerikaanse kanonvoer. Dit faal net wanneer dit probeer om ook ´n liefdesverhaal te wees.

Die verhaal speel af in die vertreksaal van JFK-lughawe, maar kom nie vir ´n oomblik bekrompe voor nie. Dit is die tipiese Spielberg-verhaal van die goeie wat die koue werklikheid oorwin. Dit is die storie van ´n man wie se land oorgeneem word terwyl hy op ´n vliegtuig onderweg is na JFK. Die Amerikaners erken nie sy land se nuwe regering nie en hy is gestrand op die lughawe, wat hy dan sy nuwe tuiste maak.

Ek is oortuig hierdie film sal byval vind by volwasse gehore in Suid-Afrika.

7/10

Lewer kommentaar

Leave a Reply