Paramount Pictures en DreamWorks het onlangs aangekondig dat daar in November 2004 begin word met die verfilming van The War of the Worlds. Steven Spielberg sal die regisseur wees en Tom Cruise die hoofkarakter.
David Koepp, wat verantwoordelik was vir Spiderman, Panic Room en Jurassic Park, sal ook hierdie draaiboek verwerk.
Die film sal baseer word op H.G. Wells se legendariese boek met dieselfde naam van 1898. Spielberg sal die wêreld vermaak met ´n moderne weergawe. Kritici verwag dat ons na dese ´n reeks films kan verwag van invallers uit die buitenste ruim.
