King Arthur

Met: Clive Owen & Keira Knightley
Regisseur: Antoine Fuqua

Die legende van Koning Arthur en die ridders van die Ronde tafel is welbekend. Die regisseur Antoine Fuqua (Training Day) se poging is die nuutste van ´n rits films oor die onderwerp.

Moet asseblief nie so naief wees om die film se weergawe van die oorsprong van Koning Arthur glo nie, dis fiksie.

Clive Owen in die rol van Arthur is die enigste akteur wat ´n noemenswaardige vertoning lewer. Guinevere (Keira Knightley) is enig in haar soort. Nog nooit is sy so uitgebeeld nie, min klere, ´n geverfde gesig en ´n meester met die swaard. Jy weet nie of jy moet lag of huil nie.

King Arthur is bo die vuurmaakplek van sy skepper, Antoine Fuqua. Dit voldoen nie aan die standaard wat die Lord of the Rings-saga gestel het nie. Die film is gestroop van alle fantasie en gee die gevoel dat dit onsamehangend aanmekaar geplak is.

5/10

Lewer kommentaar

Leave a Reply