Up in the Air

Up in the Air verteenwordig ‘n besondere prestasie deur regisseur Jason Reitman. Dit is nie almal wat vir die derde agtereenvolgende keer ‘n besondere film in die mark plaas nie.

Dit het in 2005 begin met Thank You For Smoking en is in 2007 opgevolg met die nimlike Juno.

Soos in Juno word Reitman se poging ondersteun deur ‘n briljante vertolking deur sy hoofspeler. Die keer is dit
George Clooney wat menslikheid gee aan die afsydige, eenkant man.

Clooney is Ryan Bingham, ‘n man wat maatskappye se vuilwerk doen deur werkers af te dank. Tydens die ekonomiese krisis is Ryan natuurlik ‘n besige man. Sy funksionele bestaan tussen vliegtuie en hotelle word versteur deur moderne tegnologie en ‘n jong vrou.

Ryan probeer ‘n saak maak vir persoonlike kontak en in die proses ontdek hy hoe leeg sy eie lewe is.

Plaas Up in the Air vandag nog op daardie lysie van films wat jy moet sien.

Up in the Air
Up in the Air

Regisseur: Jason Reitman
Met: George Clooney, Jason Bateman, J.K. Simmons & Sam Elliott

4 / 5

20 Januarie 2010

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply