Villa Rosa kom tot ‘n einde

kykNET het besluit om afskeid te neem van die sepie, Villa Rosa wat elke weeksaand op kykNET uitgesaai word. Kykers kan egter nog in die lief en leed van die Villa se geliefde inwoners tot 31 Maart 2016 deel.

“Villa Rosa was kykNET se heel eerste eie sepie en het ‘n belangrike rol in die groei van die kanaal se kykertal gespeel,” sê Karen Meiring, M-Net Direkteur: Afrikaanse Kanale. “Soos met die leeftydsiklus van soveel projekte, kom daar ‘n tyd vir die behoefte vir vernuwing. Hierdie besluit val saam met M-Net se fokus op groter investering in plaaslike inhoud en kykers kan uitsien na ‘n splinternuwe sepie vanaf 1 April 2016.

Lewer kommentaar

Leave a Reply